1 Kings 3:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die ander vrou sê: Nee; maar die lewende is my seun, en die dooie is jou seun. En dit het gesê: Nee; maar die dooie is jou seun, en die lewende is my seun. So het hulle voor die koning gespreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die ander vrou val haar toe in die rede: “Nee! Die een wat lewe, is my seun! Die dooie een is beslis jou seun!” “Nee,” sê die eerste vrou, “die seuntjie wat dood is, is joune en die lewende een is myne!” So het hulle voor die koning met mekaar gestry.
Afrikaans 1933/1953 Maar die ander vrou sê: Nee, maar die lewendige is my seun, en die dooie is jou seun. Maar die eerste sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige is my seun. So het hulle dan voor die koning gestry.
Afrikaans 1983 Toe sê die ander vrou: “Nee, die een wat lewe, is myne. Dis jou seuntjie wat dood is!” En die eerste vrou sê: “Dis jou seuntjie wat dood is! Die een wat lewe, is myne!” So het hulle voor die koning gestaan en stry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die ander vrou sê toe: “Nee! My seuntjie is die lewende een! Jou seuntjie is die dooie een!” Die eerste vrou het egter volgehou: “Nee! Jou seuntjie is die dooie een! My seuntjie is die lewende een!” So het hulle voor die koning gestry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die ander vrou het gesê: “Nee, die kind wat lewe, is mý kind. Die kind wat dóód is, is jóú kind.” En die vrou wat eerste gepraat het, het gesê: “Nee, jou kind is die kind wat dood is, my kind is die kind wat lewe.” So het hulle voor die koning gestaan en twis.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die ander vrou het dit ontken en gesê: “Nee, jy is verkeerd. Die kind wat leef, is myne en die dooie een is joune.” So het hulle voor die koning staan en stry.