1 Kings 3:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe ek die môre opstaan om my kind te soog, kyk, hy was dood; maar toe ek dit in die môre oorweeg het, kyk, dit was nie my seun wat ek gebaar het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe ek in die oggend my kind wou laat drink, ontdek ek dat hy dood is! Maar toe ek hom later in die oggend goed bekyk, merk ek dat dit glad nie my seun is nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe ek die môre opstaan om my seun te soog, was hy dood; maar in die môre het ek hom goed bekyk, en dit was nie my seun wat ek gebaar het nie! |
| Afrikaans 1983 | Toe ek die môre opstaan om die kind te laat drink, toe is hy dood! Maar toe ek hom later in die môre goed bekyk, is dit nie my baba nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe ek die oggend opstaan om my seuntjie te voed, toe is hy dood! Maar toe ek hom die oggend goed bekyk, sowaar, toe is dit nie my seuntjie wat ek in die wêreld gebring het nie!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe ek die volgende oggend opstaan om my kind te laat drink, sien ek hy is dood. Maar toe ek die oggend goed na hom kyk, sien ek dit is nie die kind wat ek gekry het nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vroeg die volgende oggend het ek wakker geword om my kind te voed. Dit is toe dat ek sien hy is dood. Ek het stip na die kind gekyk en besef dit is nie my seun nie.” |