1 Kings 3:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy het middernag opgestaan en my seun langs my weggeneem, terwyl u dienares slaap, en dit in haar boesem neergelê en haar dooie kind in my boesem neergelê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die middel van die nag het sy opgestaan terwyl ek nog geslaap het en my seuntjie gevat. Sy neem toe haar dooie kind, lê hom in my arms en neem myne om by haar te slaap. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe staan sy in die middel van die nag op en neem my seun langs my weg terwyl u dienares slaap; en sy het hom in haar skoot neergelê, maar haar dooie seun in my skoot neergelê. |
| Afrikaans 1983 | Sy staan toe in die middel van die nag op en vat my seuntjie langs my weg terwyl ek slaap, en lê hom by haar neer, en haar seuntjie wat dood is, lê sy by my neer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar in die middel van die nag het sy opgestaan en my seuntjie langs my gevat terwyl u dienares geslaap het. Sy het hom teen haar bors neergelê, en haar dooie seuntjie het sy teen my bors neergelê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe staan sy in die middel van die nag op en sy vat mý kind terwyl ek slaap en sy sit hom by haar neer en sy sit haar seun wat dood is, by my neer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gedurende die nag het sy toe stil-stil opgestaan en die slapende kind langs my opgetel en na haar bed toe geneem. Toe het sy die dooie kind gevat en hom langs my in die bed gesit. |