1 Kings 3:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net die volk het op hoogtes geoffer, want daar was tot op daardie dae geen huis vir die Naam van die HERE gebou nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die Israeliete nog oral op die hoogtes geoffer omdat daar nog nie ’n tempel tot eer van die Naam van die Here was nie.
Afrikaans 1933/1953 Alleenlik het die volk gedurig op die hoogtes geoffer, omdat tot op daardie dae daar geen huis vir die Naam van die HERE gebou was nie.
Afrikaans 1983 In daardie dae het die volk nog altyddeur op die hoogtes geoffer, omdat daar nog nie 'n tempel vir die Naam van die Here opgerig was nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volk het nog steeds net op die offerhoogtes geoffer, omdat 'n huis vir die Naam van die Here tot in daardie tyd nog nie gebou was nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het in daardie tyd nog aangehou om op die offer-plekke te offer, want die tempel vir die Here was nog nie gebou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat daar nog nie ’n tempel vir die Here was nie, het die volk op verskillende plekke in die land geoffer.