1 Kings 3:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op die derde dag nadat ek gebaar is, is hierdie vrou ook gebaar; en ons was saam; daar was geen vreemdeling by ons in die huis nie, behalwe ons twee in die huis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Drie dae later het sy ook ’n baba gehad. Ons was alleen, en daar was geen ander persoon nie. Dis net die twee van ons wat in die huis was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op die derde dag nmy bevalling het hierdie vrou ook gebaar terwyl ons saam was; niemand anders was by ons in die huis nie, maar net ons twee in die huis. |
| Afrikaans 1983 | Drie dae daarna het sy ook 'n kind gekry. Ons was saam in die huis en daar was niemand anders nie; net ons twee was daar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die derde dag nadat ek geboorte geskenk het, het ook hierdie vrou geboorte geskenk. Ons was saam; daar was geen buitestander by ons in die huis nie, net die twee van ons was in die huis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Op die derde dag nadat ek die kind gekry het, het hierdie vrou ook 'n kind gekry. Ons was saam, niemand anders was by ons nie. Net ons twee was in die huis. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Twee dae na my seun se geboorte het sy self ’n seun in wêreld gebring. Slegs ons twee was in die huis toe die kinders gebore is. Niemand was by ons toe dit gebeur het nie. |