1 Kings 3:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Salomo het wakker geword; en kyk, dit was 'n droom. En hy het in Jerusalem gekom en voor die verbondsark van die HERE gaan staan en brandoffers gebring en dankoffers gebring en 'n feesmaal vir al sy dienaars berei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Salomo wakker geword en besef dat dit ’n droom was. Hy het na Jerusalem toe teruggekeer en voor die verbondsark van die Here gaan staan en brandoffers en maaltydoffers gebring. Daarna het hy al sy amptenare op ’n groot feesmaal trakteer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe word Salomo wakker, en -- dit was 'n droom! Daarop het hy in Jerusalem gekom en voor die verbondsark van die Here gaan staan en brandoffers gebring en dankoffers berei en 'n maaltyd vir al sy dienaars aangerig. |
| Afrikaans 1983 | Toe Salomo wakker word, het hy besef dat die Here in 'n droom aan hom verskyn het. Hy is toe terug na Jerusalem toe, en daar het hy voor die verbondsark van die Here gaan staan en brandoffers en maaltydoffers gebring. Hy het ook 'n feesmaal vir al sy amptenare gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Salomo word toe wakker, en sowaar, dit was 'n droom! Hy het in Jerusalem aangekom en voor die verbondsark van die Heer gaan staan. Hy het brandoffers gebring en •maaltydoffers geoffer en 'n feesmaal gehou vir al sy amptenare. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Salomo wakker word, het hy geweet die Here het met hom gepraat in 'n droom. Hy het na Jerusalem gegaan en hy het voor die verbondskis van die Here gaan staan. Hy het brand-offers en ete-offers gebring en hy het al sy amptenare genooi om saam met hom te eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo het wakker geword en besef die Here het in ’n droom met hom gepraat. Hy is reguit Jerusalem toe en het daar voor die ark van die ooreenkoms aanmekaar geoffer. Hy was so bly en gelukkig dat hy uit dankbaarheid talle offers vir die Here gebring het. Toe hy daarmee klaar was, het hy ’n groot fees vir al sy amptenare gehou. |