1 Kings 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek het jou ook gegee wat jy nie gevra het nie, rykdom sowel as eer, sodat daar nie iemand onder die konings sal wees soos jy al jou dae nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarby gee Ek vir jou ook dit waarvoor jy nie gevra het nie, naamlik rykdom en aansien. So lank as wat jy leef, sal geen koning met jou vergelyk kan word nie.
Afrikaans 1933/1953 Ja, selfs wat jy nie begeer het nie, sal Ek jou gee, rykdom sowel as eer, sodat onder die konings niemand soos jy sal wees al jou dae nie.
Afrikaans 1983 Ook wat jy nie gevra het nie, gee Ek aan jou: rykdom en aansien, sodat daar onder die konings niemand soos jy sal wees solank jy leef nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook wat jy nie gevra het nie, gee Ek aan jou: sowel rykdom as eer, sodat, solank jy leef, daar onder die konings niemand soos jy sal wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek gee ook vir jou wat jy nie gevra het nie. Jy sal jou hele lewe lank die rykste wees van al die konings, en die mense sal jou meer respekteer as vir die ander konings.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Boonop gee Ek jou ook alles wat jy nie gevra het nie. Jy sal baie ryk wees en die mense sal jou eer. Geen ander koning sal so ryk en so geëerd wees soos jy nie.