1 Kings 3:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, Ek het gehandel volgens jou woorde; kyk, Ek het jou 'n wyse en verstandige hart gegee; sodat daar niemand soos jy voor jou was nie, en ná jou sal niemand soos jy opstaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 daarom sal Ek vir jou gee wat jy gevra het. Ek sal jou die vermoë gee van wysheid en insig soos niemand voor jou gehad het of na jou sal hê nie!
Afrikaans 1933/1953 so doen Ek dan volgens jou woord: Kyk, Ek gee jou 'n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy voor jou nie gewees het en een soos jy njou nie sal opstaan nie.
Afrikaans 1983 sal Ek aan jou versoek voldoen. Ek gee aan jou wysheid en insig soos niemand vóór jou gehad het of ná jou sal hê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) kyk, Ek voldoen aan jou versoek: Ja, Ek gee aan jou 'n wyse en verstandige hart, sodat daar voor jou niemand was soos jy nie, en ná jou niemand soos jy sal opstaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sal Ek nou doen wat jy gevra het. Ek gee vir jou wysheid en verstand, niemand vóór jou het soveel wysheid gehad nie en niemand ná jou sal soveel wysheid hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal alles vir jou gee. Ek sal jou trouens baie meer wysheid en insig gee as wat enigeen voor jou gehad het, of selfs na jou sal hê.