1 Kings 3:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê God vir hom: Omdat jy hierdie ding gevra het en vir jou geen lang lewe gevra het nie; jy het nie vir jou rykdom gevra nie, en die lewe van jou vyande nie gevra nie; maar jy het vir jou insig gevra om oordeel te onderskei;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het hom geantwoord: “Omdat jy dit gevra het en nie vir ’n lang lewe of rykdom of die dood van jou vyande nie, maar vir onderskeiding om met insig te kan oordeel;
Afrikaans 1933/1953 En God het vir hom gesê: Omdat jy hierdie versoek gedoen het en nie vir jou 'n lang lewe begeer het en nie vir jou rykdom begeer het en nie die lewe van jou vyande begeer het nie, maar vir jou verstand begeer het om regsake te verhoor,
Afrikaans 1983 Hy het vir hom gesê: “Omdat dít jou versoek is en jy nie vir jou 'n lang lewe, of rykdom, of die dood van jou vyande gevra het nie, maar insig in wat reg is,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) God het vir hom gesê: “Omdat jy hierdie versoek gerig het en nie vir jouself 'n lang lewe gevra het, nie vir jouself rykdom gevra het, en nie die lewens van jou vyande gevra het nie, maar vir jouself onderskeidingsvermoë gevra het om regsake aan te hoor –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir Salomo gesê: “Jy het dit gevra, jy het nie 'n lang lewe gevra of om ryk te word nie, of dat jou vyande moet sterf nie. Jy het gevra dat jy sal weet wat reg is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy het nie ’n lang lewe of baie geld of die ondergang van jou vyande gevra nie, maar die wysheid om goed te regeer.