1 Kings 22:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die koning van Israel vir Jósafat: Daar is nog een man, Miga, die seun van Jimla, deur wie ons die HERE kan raadpleeg; maar ek haat hom; want hy profeteer nie goed oor my nie, maar kwaad. En Jósafat sê: Laat die koning nie so sê nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Agab antwoord: “Hier is nog een van die Here se profete wat ons kan raadpleeg. Maar ek haat hom, want hy het net altyd slegte nuus vir my. Sy naam is Miga seun van Jimla.” “Jy moet liewer nie so praat nie!” sê Josafat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning van Israel antwoord Josafat: Daar is nog een man om deur hom die HERE te raadpleeg; maar,k haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar onheil: Miga, die seun van Jimla. En Josafat sê: Die koning moet nie so spreek nie! |
| Afrikaans 1983 | Die koning van Israel sê toe vir Josafat: “Hier is nog een man deur wie ons die Here kan raadpleeg, maar ek haat hom, want hy voorspel vir my nooit iets goeds nie, net altyd die slegste. Dit is Miga seun van Jimla.” Josafat sê toe: “Die koning moenie so praat nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning van Israel het Josafat geantwoord: “Daar is nog een man deur wie ons die Here kan raadpleeg. Maar wat my betref, ek het 'n weersin in hom, want hy profeteer niks goeds oor my nie, net onheil. Dit is Miga, seun van Jimla.” Josafat sê toe: “Die koning moenie so sê nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Israel het vir Josafat gesê: “Ja, hier is nog 'n profeet. Dit is Miga seun van Jimla. Ons kan vir hom vra wat die Here sê, maar ek hou nie van die man nie, want die dinge wat hy sê, is nooit goed vir my nie, dit is sleg.” Josafat sê toe: “Die koning moenie so praat nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ja, daar is nog een,” het Agab gesê. “Hy is Miga die seun van Jimla. Ek hou niks van die vent nie, want hy profeteer nooit iets goeds vir my nie. Hy sê altyd net slegte dinge.” “Die koning moenie so praat nie,” het Josafat gesê. “Laat ons na hom luister.” |