1 Kings 22:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die koning van Israel die profete bymekaargeroep, omtrent vier honderd man, en vir hulle gesê: Moet ek teen Ramot in Gílead gaan om te veg, of moet ek dit laat staan? En hulle sê: Trek op; want die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning van Israel laat roep toe die profete, omtrent 400 van hulle. Hy vra hulle: “Moet ek teen Ramot-Gilead optrek? Of moet ek dit liewer nie doen nie?” Hulle antwoord: “Gaan gerus. Die Here gee die stad oor in u mag!”
Afrikaans 1933/1953 Toe laat die koning van Israel die profete bymekaarkom, omtrent vier honderd man, en hy sê aan hulle: Sal ek teen Ramot in G¡lead trek om te veg of dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
Afrikaans 1983 Die koning van Israel het toe die profete bymekaargeroep, omtrent vier honderd van hulle, en vir hulle gevra: “Moet ek teen Ramot in Gilead gaan veg? Of moet ek dit laat staan?” Hulle het geantwoord: “Gaan gerus, die Here gee die stad aan die koning oor.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning van Israel het toe die profete byeengebring, ongeveer vierhonderd man, en vir hulle gevra: “Moet ek teen Ramot in Gilead optrek vir die geveg, of moet ek daarvan afsien?” Hulle antwoord was: “Trek op! My Heer sal dit in die hand van die koning gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Israel sê toe al die profete moet bymekaarkom. Daar was omtrent 400 profete, en hy vra toe vir hulle: “Moet ek gaan oorlog maak teen Ramot in Gilead of moet ek dit nie doen nie?” Die profete het gesê: “Jy moet gaan. Die Here sal jou laat wen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Agab het toe omtrent 400 profete bymekaar laat kom en vir hulle gevra: “Moet ek teen Ramot in Gilead gaan veg of moet ek nie?” Al die profete het gesê: “Trek teen Ramot op, want die Here sal u laat wen.”