1 Kings 22:53 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hy het Baäl gedien en hom neergebuig en die HERE, die God van Israel, geterg net soos sy vader gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het egter gedoen wat verkeerd was vir die Here. Hy het die pad van sy pa en ma gevolg en die voorbeeld van Jerobeam seun van Nebat wat Israel laat sondig het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE -- hy het gewandel in die weg van sy vader en in die weg van sy moeder en in die weg van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het. [ (I Kings 22:54) En hy het Baäl gedien en voor hom neergebuig en die HERE, die God van Israel, geterg, net soos sy vader gedoen het. ] |
| Afrikaans 1983 | Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het die pad geloop van sy pa en sy ma, en van Jerobeam seun van Nebat wat vir Israel laat sondig het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het die pad gevolg van sy vader en sy moeder en van Jerobeam, seun van Nebat, wat Israel laat sondig het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hy het gelewe soos sy pa en sy ma en soos Jerobeam seun van Nebat wat die Israeliete sonde laat doen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ahasia het net verkeerde dinge gedoen. Hy het gemaak soos sy pa, Agab, sy ma, Isebel, en Jerobeam, wat Israel verskriklike dinge laat doen het. |