1 Kings 22:50 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jósafat het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Joram het in sy plek geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 In daardie tyd het Ahasia seun van Agab voorgestel: “Laat my manne saam met joune op die skepe vaar!” Josafat het egter geweier.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Ah sia, die seun van Agab, vir Josafat: Laat my dienaars saam met u dienaars op die skepe gaan. Maar Josafat wou nie.
Afrikaans 1983 Ahasia seun van Agab het toe by Josafat aangedring: “Laat my manne saam met joune met die skepe vaar,” maar Josafat wou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het Ahasia, seun van Agab, vir Josafat gesê: “Laat my dienaars saam met jou dienaars op die skepe gaan.” Maar Josafat wou nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Ahasia seun van Agab vir Josafat gevra of sy manne saam met Josafat se manne op die skepe kan gaan, maar Josafat wou hulle nie laat saamgaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Ahasia van Israel het vir Josafat gesê: “My mense moet eintlik saam met jou mense op die skepe vaar.” Josafat wou egter nie.