1 Kings 22:49 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Ahasia, die seun van Agab, vir Jósafat: Laat my dienaars saam met u dienaars op die skepe gaan. Maar Josafat wou nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josafat het ook Tarsisskepe gebou om goud uit Ofir te gaan haal. Die skepe het egter nooit soontoe gevaar nie omdat hulle by Esjon-Geber skipbreuk gely het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Josafat het Tarsis-skepe gebou om in Ofir goud te gaan haal; maar hulle het nie gegaan nie, want die skepe het in Âseon-Geber skipbreuk gely. |
| Afrikaans 1983 | Josafat het skepe van Tarsis gekry waarmee hy goud wou gaan haal in Ofir. Dit het egter nie plaasgevind nie omdat die skepe skipbreuk gely het in Esjon-Geber. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josafat het handelskepe gebou om goud in Ofir te gaan haal, maar dit het nie gebeur nie, want die skepe het by Es-jon-Geber vergaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josafat het skepe laat bou om na Ofir te gaan om goud te gaan haal, maar die skepe het nie gegaan nie, want hulle het gebreek by die stad Esjon-Geber. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josafat het ook groot skepe gebou om goud in Ofir te gaan haal. Daar het egter niks van gekom nie, want al die skepe is in Esjon-Geber in ’n storm vernietig. |