1 Kings 22:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar was toe geen koning in Edom nie: 'n adjunk was koning.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het die tempelprostitute wat uit die dae van sy pa, Asa, oorgebly het, uit die land verban.
Afrikaans 1933/1953 Ook die skandseuns wat uit die dae van sy vader Asa nog oor was, het hy uit die land uitgeroei.
Afrikaans 1983 Josafat het die tempelprostitute wat nog uit die dae van sy pa oorgebly het, uit die land verban.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die res van die manlike tempelprostitute, dié wat oorgebly het uit die tyd van sy vader Asa, het hy van die aarde af verdelg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar het tempel-prostitute oorgebly van die tyd toe sy pa koning was. Josafat het hulle uit die land weggejaag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verder het hy ook nog al die manlike prostitute wat sedert sy pa, Asa, se tyd oorgebly het uit die land weggejaag.