1 Kings 22:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die oorblyfsel van die sodomiete wat oorgebly het in die dae van sy vader Asa, het hy uit die land geneem.
Afrikaans (NLV) 2011 Die ander gebeurtenisse tydens Josafat se regering, sy dapper dade en die oorloë wat hy gevoer het, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Juda.
Afrikaans 1933/1953 En die verdere geskiedenis van Josafat en sy magtige dade wat hy gedoen het, en hoe hy oorlog gevoer het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
Afrikaans 1983 Die ander verhale oor Josafat se regering, oor die heldedade wat hy gedoen en die oorloë wat hy gevoer het, is opgeteken in die annale van die konings van Juda.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die verdere geskiedenis van Josafat, sy magtige dade wat hy verrig het en die oorloë wat hy gevoer het, is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Juda nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die ander dinge wat Josafat gedoen het, ook die belangrike dinge en die oorloë wat hy geveg het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Alles wat Josafat gedoen het, soos sy dapperheid en militêre oorwinnings, is in die boek Die lewe en werk van al Juda se konings beskryf.