1 Kings 22:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jósafat het vrede gesluit met die koning van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die heidense hoogtes is egter nie verwyder nie sodat die volk nog steeds daar geoffer en wierook gebrand het.
Afrikaans 1933/1953 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.
Afrikaans 1983 Die hoogtes het egter nie verdwyn nie, en die volk het nog steeds daarop offers gebring en wierook gebrand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die offerhoogtes is egter nie verwyder nie. Die volk het nog steeds geslag en offers verbrand by die offerhoogtes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het net die offer-plekke laat staan. Die mense het nog offers en wierook-offers gebring op die offer-plekke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy kon egter nie die hoogtes afgeskaf kry waar die mense ander gode gedien het nie. Die volk het lustig voortgegaan om hulle offers op die hoogtes te slag en wierook daar te verbrand.