1 Kings 22:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gewandel in al die weë van sy vader Asa; hy het nie daarvan afgewyk deur te doen wat reg was in die oë van die HERE nie; maar die hoogtes is nie weggeneem nie; want die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Josafat het in die voetspore van sy pa Asa gevolg. Hy het nie daarvan afgewyk nie en gedoen wat vir die Here reg was.
Afrikaans 1933/1953 En hy het geheel en al in die weg van sy vader Asa gewandel -- daarvan het hy nie afgewyk nie -- deur te doen wat reg was in die oë van die HERE.
Afrikaans 1983 Hy het die pad van Asa, sy pa, geloop en daar nie van afgewyk nie. Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die pad van sy vader Asa in alle opsigte gevolg. Hy het nie daarvan afgewyk nie, en gedoen wat reg is in die oë van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gelewe soos sy pa Asa, hy het nie opgehou om so te doen nie. Hy het dinge gedoen waarvan die Here hou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josafat was ook, net soos sy pa, Asa, lief vir die Here en het die regte dinge gedoen.