1 Kings 22:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir Jósafat: Sal jy saam met my na Ramot in Gílead gaan veg? Toe sê Jósafat aan die koning van Israel: Ek is soos jy, my volk soos jou volk, my perde soos jou perde.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe vra hy vir Josafat: “Sal jy saam met my gaan veg by Ramot-Gilead?” Josafat het Agab geantwoord: “Maar natuurlik! Ek is saam met jou in die saak! My soldate is tot jou beskikking, en ook my perde.”
Afrikaans 1933/1953 Daarna sê hy vir Josafat: Sal u saam met my in die oorlog trek na Ramot in G¡lead? En Josafat antwoord die koning van Israel: Ek is soos u, my volk soos u volk, my perde soos u perde.
Afrikaans 1983 Die koning van Israel vra toe vir Josafat: “Sal jy saam met my optrek om oorlog te maak teen Ramot in Gilead?” Josafat het hom geantwoord: “Ek en jy is een. My manskappe is jou manskappe, en my perde is jou perde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy vra toe vir Josafat: “Sal jy saam met my gaan vir die geveg by Ramot in Gilead?” Josafat het die koning van Israel geantwoord: “Ek is soos jy; my manskappe is soos jou manskappe, my perde is soos jou perde.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Israel het vir Josafat gevra: “Sal jy saam met my gaan oorlog maak teen die stad Ramot in Gilead?” Josafat het vir die koning van Israel gesê: “Ek sal saam met jou gaan, en jy kan my manne en my perde ook gebruik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Agab het vir Josafat gevra: “Waarom gaan veg jy nie saam met ons teen Ramot nie?” Josafat het gesê: “Dit is goed so. My soldate en perde is ook joune.