1 Kings 22:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die verdere geskiedenis van Agab en alles wat hy gedoen het, en die ivoorhuis wat hy gemaak het, en al die stede wat hy gebou het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Die ander gebeurtenisse tydens Agab se regering, die vertellings oor die ivoorpaleis en die stede wat hy gebou het, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Israel.
Afrikaans 1933/1953 En die verdere geskiedenis van Agab en alles wat hy gedoen het, en die ivoorhuis wat hy gebou het, en al die stede wat hy gebou het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
Afrikaans 1983 Die ander verhale oor Agab en alles wat hy gedoen het, en oor die huis met ivoorinlegwerk wat hy gebou het en oor al die stede wat hy gebou het, is opgeteken in die annale van die konings van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die verdere geskiedenis van Agab, alles wat hy gedoen het, die paleis met ivoorinleg wat hy gebou het en al die stede wat hy versterk het, is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Israel nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die ander dinge wat Agab gedoen het, hoe hy Bet-San en die ander stede gebou het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Alles wat Agab gedoen het, soos die huis met ivoorinlegwerk en al die stede wat hy gebou het, is in die boek Die lewe en werk van al Israel se konings beskryf.