1 Kings 22:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En een het die wa in die dam van Samaria gewas; en die honde het sy bloed opgelek; en hulle het sy wapenrusting gewas; volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het die strydwa by die dam van Samaria afgespoel, waar die prostitute hulleself altyd was. Die honde het gekom en die koning se bloed opgelek net soos die Here gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle die wa uitspoel by die dam van Samar¡a, het die honde sy bloed gelek terwyl die hoere hulle daarin was, volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle die strydwa uitspoel by die dam van Samaria waar die prostitute hulle was, het die honde sy bloed opgelek. Dit het gebeur in ooreenstemming met die woord van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle die strydwa afgespoel het by die dam van Samaria, terwyl die prostitute gewas het, het die honde sy bloed opgelek, ooreenkomstig die woord van die Here wat Hy gespreek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hulle die oorlogkar afspoel by die dam van Samaria, het die honde die koning se bloed opgelek, soos die Here gesê het. Die prostitute was besig om hulle daar te was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | By die fontein van Samaria waar die straatvroue hulle altyd gewas het, het hulle Agab se bebloede wa afgespoel. Die honde het sy bloed daar opgelek. Dit het presies gebeur soos die Here gesê het. |