1 Kings 22:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die geveg het daardie dag toegeneem, en die koning het in sy strydwa teen die Arameërs gebly en teen die aand gesterf, en die bloed het uit die wond in die strydwa gevloei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die geveg het egter so hewig geword dat Agab verplig was om die hele dag teenoor die Arameërs regop in sy strydwa te bly staan. Teen die aand het hy gesterf. Die bloed uit sy wond het tot in die bak van die strydwa geloop. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die geveg het die dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs; maar in die aand het hy gesterwe, en die bloed van die wond het in die wa se bak gevloei. |
| Afrikaans 1983 | Die geveg was dié dag egter so hewig dat die koning die hele tyd teenoor die Arameërs op sy strydwa moes bly staan. Teen laatmiddag is hy dood. Die bloed uit sy wond het in die bak van die strydwa ingeloop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die geveg het egter daardie dag hewig geword, en die koning is staande gehou op sy strydwa teenoor die Arameërs. Teen die aand het hy gesterf. Die bloed van sy wond het in die strydwa se bak uitgeloop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar almal het daardie dag so hard geveg dat die koning op sy oorlogkar moes bly staan teen die Arameërs. Toe dit aand word, het hy gesterf. Die bloed uit die wond het afgeloop op die vloer van die oorlogkar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die geveg was so hewig dat die drywer hom nie kon wegkry nie. Agab moes die hele dag in die wa bly staan en teen die Arameërs veg. Die wa was naderhand vol bloed en teen die aand is hy dood. |