1 Kings 22:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n sekere man het 'n boog getrek in 'n waagstuk en die koning van Israel verslaan tussen die gewrigte van die tuig, want ek is gewond. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand het egter blindweg ’n pyl afgeskiet. Die pyl het die koning van Israel tussen die skubbe van sy harnas en die borsplaat getref. “Draai weg en kry my uit die geveg!” beveel Agab die drywer. “Ek is gewond!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan sy drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond. |
| Afrikaans 1983 | Iemand het egter losweg 'n pyl afgeskiet, en dié het die koning van Israel getref tussen die skubbe van sy harnas en die borsplaat. Hy sê toe vir sy drywer: “Ruk die perde om en bring my uit die geveg uit. Ek is gewond.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Iemand het egter lukraak sy boog gespan en die koning van Israel getref tussen die skubbe en die pantser. Hy sê toe vir die drywer van sy strydwa: “Ruk die perde om en neem my uit die geveg, want ek is swaar gewond.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een van die Arameërs het 'n pyl geskiet. Hy het nie geweet waarnatoe die pyl gaan nie. Hy het die koning van Israel raakgeskiet. Die pyl het ingegaan onder die plate van sy harnas. Die koning het vir die man wat sy oorlogkar gedryf het, gesê: “Draai om en neem my uit die oorlog, want iemand het my raakgeskiet.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Een van die Aramese soldate het heel toevallig ’n pyl in die lug geskiet. Dit het vir Agab getref en deur ’n swak plek in sy harnas gedring. Benoud het Agab vir sy wadrywer gesê: “Ek is gewond. Draai om en kry my vinnig hier weg.” |