1 Kings 22:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die owerstes van die waens Josafat sien, sê hulle: Dit is sekerlik die koning van Israel. En hulle het weggedraai om teen hom te veg, en Jósafat het uitgeroep. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die bevelvoerders van die strydwaens vir Josafat sien, sê hulle: “Dit moet die koning van Israel wees!” en hulle het op hom toegesak. Toe het Josafat om hulp geroep. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sodra die owerstes van die waens Josafat sien, sê hulle: Dit is sekerlik die koning van Israel! En hulle het weggeswaai om teen hom te veg; maar Josafat het geskreeu. |
| Afrikaans 1983 | Toe die aanvoerders van sy strydwaens vir Josafat sien, sê hulle: “Daar is die koning van Israel!” en hulle het op hom toegesak. Josafat het om hulp geroep. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die aanvoerders van die strydwamag Josafat sien, sê hulle: “Dit is beslis die koning van Israel!” Hulle het na hom weggedraai om te veg, maar Josafat het om hulp geroep. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe die offisiere van die oorlogkarre vir Josafat sien, het hulle gedink dit is die koning van Israel. Hulle het nader gekom om hom te skiet. Josafat het geskree en gevra sy mense moet help, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Skielik het die drywers vir Josafat met sy koningsklere gesien en het gemeen dit is Agab. Hulle het op hom afgepyl, maar Josafat het geskree dat hy nie Agab is nie. |