1 Kings 22:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die koning van Aram het sy twee en dertig owerstes wat oor sy strydwaens geheers het, bevel gegee en gesê: Veg nie teen klein of groot nie, behalwe net teen die koning van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning van Aram het die bevelvoerders van sy 32 strydwaens beveel: “Spits julle net toe op die koning van Israel! Moenie aan enigiemand anders klein of groot aandag gee nie.”
Afrikaans 1933/1953 En die koning van Aram het aan die owerstes van sy twee en dertig strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen.
Afrikaans 1983 Die Aramese koning het die aanvoerders van sy twee en dertig strydwaens opdrag gegee: “Spits die geveg toe op die koning van Israel, moenie aan die ander aandag gee nie, klein of groot.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning van Aram het die •aanvoerders van sy strydwamag, twee-en-dertig van hulle, opdrag gegee: “Moet niemand, belangrik of onbelangrik, die stryd aansê nie, behalwe die koning van Israel alleen.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Aram het 32 offisiere van die oorlogkarre by hom gehad. Hy het vir hulle gesê: “Julle moet net die koning van Israel skiet. Julle moenie die ander manne skiet nie, dit maak nie saak of hulle belangrik of onbelangrik is nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning van die Arameërs het 32 strydwaens gehad. Hy het elke drywer beveel om die koning van Israel te soek en uit te wis.