1 Kings 22:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning van Israel vir Jósafat: Ek sal my vermom en in die geveg gaan; maar trek jou klere aan. En die koning van Israel het hom vermom en in die geveg getrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Agab van Israel het vir Josafat gesê: “Voor ons begin veg, gaan ek my vermom. Jy kan gerus jou koninklike klere aanhou.” Die koning van Israel het hom toe vermom en so aan die geveg deelgeneem.
Afrikaans 1933/1953 En die koning van Israel het vir Josafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek u maar u eie klere aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak en in die geveg gegaan.
Afrikaans 1983 Die koning van Israel het vir Josafat gesê: “Ek gaan my vermom voor ek in die geveg betrokke raak. Hou jy jou koninklike gewaad aan.” Die koning van Israel het hom toe vermom en so die geveg ingegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning van Israel het vir Josafat gesê: “Ek gaan vermom in die geveg in, maar dra jy jou koninklike drag.” So het die koning van Israel hom vermom en in die geveg ingegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Israel het vir Josafat gesê: “Ek sal ander klere aantrek sodat mense nie sal weet wie ek is nie en dan sal ek saam met die manne oorlog begin maak. Jy moenie jou koningsklere uittrek nie.” Die koning van Israel het toe ander klere aangetrek en hy het saam met die manne oorlog begin maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op pad het Agab vir Josafat gesê: “Jy kan maar jou koningsgewaad aanhou, maar ek gaan my vermom voor die geveg begin.” Agab het hom vermom en die geveg om Ramot het begin.