1 Kings 22:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning van Israel aan sy dienaars: Weet julle dat Ramot in Gílead ons s'n is, en ons is stil en neem dit nie uit die hand van die koning van Aram nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Tydens die besoek sê Agab vir sy amptenare: “Besef julle dat die Arameërs nog steeds ons stad Ramot-Gilead beset? En ons het niks daaraan gedoen nie!”
Afrikaans 1933/1953 En die koning van Israel vra sy dienaars: Weet julle dat Ramot in G¡lead aan ons behoort? En ons sit stil sonder om dit uit die hand van die koning van Aram te neem!
Afrikaans 1983 Die koning van Israel het vir sy amptenare gesê: “Julle weet goed Ramot in Gilead behoort aan ons, en tog doen ons niks om dit uit die mag van die koning van Aram terug te vat nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning van Israel het vir sy amptenare gesê: “Besef julle dat Ramot in Gilead aan ons behoort, maar ons huiwer om dit uit die hand van die koning van Aram te neem?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Israel het vir sy amptenare gesê: “Weet julle, die stad Ramot in die land Gilead behoort aan ons. Hoekom doen ons niks om dit terug te vat van die koning van Aram nie?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In dié tyd het koning Agab van Israel vir sy amptenare gesê: “Weet julle dat Ramot in Gilead eintlik aan ons behoort? Waarom het ons dit nog nie van die koning van die Arameërs teruggevat nie?”