1 Kings 22:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Miga sê: As jy enigsins in vrede terugkeer, het die HERE nie deur my gespreek nie. En hy sê: Luister, o volk, elkeen van julle!
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Miga antwoord: “As die koning veilig terugkom, het die Here nie deur my gepraat nie.” Verder sê hy vir die omstanders: “Julle moet almal luister na wat ek gesê het!”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die HERE nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!
Afrikaans 1983 Maar Miga het gesê: “As u ooit behoue terugkom, het die Here nie deur my gepraat nie.” Verder het hy gesê: “Hoor dit, alle manskappe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Miga het gesê: “As u wel ongedeerd terugkom, het die Here nie deur my gespreek nie.” Hy sê toe ook nog: “Mense, luister, almal van julle!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Miga sê toe: “Koning Agab, as jy regtig veilig sal terugkom, dan kom die woorde wat ek gesê het, nie van die Here nie.” Miga het ook gesê: “Manne, julle moet almal luister na wat ek sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Miga het gesê: “U Majesteit, as u veilig van Ramot af terugkom, het die Here werklik nie deur my gepraat nie.” Miga het na die skare gekyk en gesê: “Julle moet luister na wat ek vandag vir julle sê.”