1 Kings 22:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sê: So sê die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en voed hom met brood van ellende en water van ellende, totdat ek in vrede kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê vir hulle die koning beveel: ‘Sit hierdie man in die tronk en gee hom niks meer as brood en water totdat ek veilig van die oorlog af terugkom nie!’” |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy moet sê: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom. |
| Afrikaans 1983 | Sê vir hulle die koning sê hulle moet hierdie man in die tronk sit en hom 'n skraal rantsoen kos en water gee tot ek behoue terugkom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en sê, ‘So sê die koning: “Sit hierdie man in die gevangenis, en gee hom 'n karige rantsoen brood en water totdat ek ongedeerd terugkom. ” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en sê vir hulle die koning sê: ‘Julle moet hierdie man in die tronk sit en julle moet vir hom min kos en water gee totdat ek veilig terugkom.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sê vir hulle om hom in die tronk te gooi. Sê ook hulle moet hom min brood en net ’n bietjie water gee. Hy moet daar bly totdat ek veilig van Ramot af teruggekom het.” |