1 Kings 22:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning van Israel: Neem Miga en bring hom terug na Amon, die goewerneur van die stad, en na Joas, die seun van die koning;
Afrikaans (NLV) 2011 Toe beveel die koning van Israel: “Arresteer Miga en vat hom na Amon, die burgemeester van die stad, en na my seun Joas toe.
Afrikaans 1933/1953 Maar die koning van Israel sê: Neem Miga en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by Joas, die seun van die koning.
Afrikaans 1983 Die koning van Israel het toe beveel: “Vat vir Miga weg en bring hom na Amon, die stadsbevelvoerder, en na prins Joas toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê die koning van Israel: “Neem Miga en laat hom teruggaan na Amon, die stadsbestuurder, en Joas, die seun van die koning,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê die koning van Israel: “Vat vir Miga na Amon die burgemeester en na prins Joas toe
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarop sê koning Agab: “Gryp vir Miga en vat hom hier weg. Vat hom na Amon, die hoof van die stad, en na prins Joas toe.