1 Kings 22:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nou dan, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van al hierdie profete van jou gegee, en die HERE het kwaad oor jou gespreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “U sien, die Here het ’n leuengees in die monde van die koning se profete gelê omdat die Here ’n ramp vir jou bepaal het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En nou, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en die HERE het onheil oor u gespreek. |
| Afrikaans 1983 | So het die Here 'n leuengees in die mond van al hierdie profete van u laat kom, maar die Here het in werklikheid vir u 'n ramp aangekondig.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, kyk, die Here het 'n leuengees geplaas in die mond van al hierdie profete van u. Die Here self het onheil teen u gelas.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning, daarom moet jy dit weet: Die Here het 'n leuengees laat kom in die mond van al hierdie profete van jou. Maar weet jy wat die Here regtig gesê het? Die Here het gesê dit sal sleg gaan met jou.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Miga het nog ’n laaste woord vir die koning gesê: “Sien u, alles het toe so gebeur. Die Here het gemaak dat al hierdie profete vir u gelieg het. En dit terwyl die Here u ondergang beplan.” |