1 Kings 22:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Hoor dan die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon en die hele leër van die hemel staan by hom aan sy regter- en aan sy linkerhand.
Afrikaans (NLV) 2011 Miga het voortgegaan: “Luister wat die Here sê. Ek het die Here gesien waar Hy op sy troon sit met die hemelse leërmag weerskante van Hom.
Afrikaans 1933/1953 Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan sy regter-- en aan sy linkerhand.
Afrikaans 1983 En Miga praat verder: “Hoor die woord van die Here! Ek het die Here op sy troon sien sit met die hele hemelse leërmag wat weerskante van Hom staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Miga het gesê: “Daarom, hoor die woord van die Here! Ek het die Here sien sit op sy troon, met die hele hemelse leër wat by Hom staan, aan sy regter- en aan sy linkerkant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Miga het toe weer gepraat: “Luister wat sê die Here. Ek het gesien die Here sit op sy troon en almal wat in die hemel is, staan by Hom, hulle staan regs en links langs Hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Miga het voortgegaan en gesê: “Hoor wat sê die Here verder: Ek het die Here in die hemel op sy troon sien sit. Rondom Hom was hemelwesens.