1 Kings 22:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Ek het die hele Israel op die heuwels verstrooi gesien soos skape wat geen herder het nie; en die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede na sy huis toe terugkeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê Miga vir hom: “In ’n visioen het ek Israel gesien, verstrooi op die berge soos skape sonder ’n herder. Die Here het gesê: ‘Hulle koning is dood. Laat elkeen van hulle maar in vrede teruggaan na sy huis toe.’”
Afrikaans 1933/1953 Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.
Afrikaans 1983 Toe sê Miga: “Ek het die hele Israel verstrooi op die berge gesien soos skape wat nie 'n wagter het nie. Die Here het gesê: Hulle het nie 'n koning nie, laat hulle maar in vrede teruggaan, elkeen na sy huis toe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Miga: “Ek het die hele Israel gesien, uitmekaar gedryf op die berge soos 'n kudde wat nie 'n herder het nie. Die Here het gesê, ‘Hierdie mense het geen gesagvoerder nie. Laat elkeen van hulle in vrede terugkeer na sy huis.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe sê Miga: “Ek het gesien die vyande het al die mense van Israel na al die kante toe op die berge gejaag. Hulle is soos skape wat nie 'n skaapwagter het nie. Die Here het gesê: ‘Hierdie mense het nie 'n koning nie. Hulle moet teruggaan, elkeen moet veilig na sy huis gaan.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Goed dan,” het Miga gesê. “Ek sien Israel oral op die heuwels rondloop. Hulle is soos skape sonder ’n herder. Die Here sê dat hulle nie ’n koning het nie. Laat hulle maar in vrede huis toe gaan.”