1 Kings 22:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning vir hom: Hoeveel keer sal ek jou besweer dat jy my niks anders moet sê as wat waar is in die Naam van die HERE nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die koning berispe hom: “Hoeveel keer moet ek jou nog sê om net die waarheid te praat wanneer jy namens die Here ’n uitspraak gee?”
Afrikaans 1933/1953 En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie?
Afrikaans 1983 Maar die koning sê vir hom: “Hoeveel keer moet ek nog by jou daarop aandring dat jy vir my niks anders as die waarheid in die Naam van die Here moet sê nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê die koning vir hom: “Hoeveel keer moet ek jou laat sweer dat jy in die Naam van die Here met my niks anders as die waarheid sal praat nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar toe sê die koning vir Miga: “Ek het baie maal vir jou gesê jy moet net die waarheid praat wanneer die Here jou stuur. Hoekom doen jy dit nie?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Agab het skerp geantwoord: “Luister hier, Miga, hoeveel keer moet ek vir jou sê om die waarheid in die Naam van die Here te praat?”