1 Kings 22:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het toe na die koning gekom. En die koning sê vir hom: Miga, sal ons teen Ramot in Gílead trek om te veg, of moet ons dit laat staan? En hy antwoord hom: Gaan heen en wees voorspoedig, want die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Miga by die koning aankom, vra Agab vir hom: “Miga, moet ons optrek teen Ramot-Gilead? Of moet ons dit nie doen nie?” Miga het geantwoord: “Ja, trek maar op! Die Here sal die stad in die koning se mag oorgee.”
Afrikaans 1933/1953 Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in G¡lead trek om te veg, of sal ons dit laat staan? En hy antwoord hom: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
Afrikaans 1983 Toe Miga by die koning kom, sê dié vir hom: “Miga, moet ons teen Ramot in Gilead gaan veg? Of moet ons dit laat staan?” “Gaan gerus,” antwoord Miga, “u sal wen. Die Here gee die stad aan die koning oor.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hy by die koning aankom, sê die koning vir hom: “Miga, moet ons na Ramot in Gilead gaan vir die geveg of moet ons daarvan afsien?” Hy antwoord hom toe: “As u optrek, sal u sukses behaal! Die Here sal dit in die hand van die koning gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Miga by die koning kom, vra die koning vir hom: “Miga, moet ons oorlog gaan maak teen die stad Ramot in Gilead of moet ons dit nie doen nie?” Miga het geantwoord: “Koning, jy moet gaan. Jy sal wen, die Here gee die stad vir jou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Miga na die koning toe gebring. Agab het vir hom gevra: “Miga, moet ons teen Ramot in Gilead gaan veg of nie?” “Gaan maar,” het Miga gesê. “Die Here sal Ramot in u hand gee.”