1 Kings 22:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, het met hom gespreek en gesê: Kyk tog, die woorde van die profete verkondig goed aan die koning met een mond; laat jou woord tog wees soos die woord van een van hulle, en spreek wat goed is.
Afrikaans (NLV) 2011 Intussen het die boodskapper wat vir Miga gaan roep het hom gewaarsku: “Luister, al die profete voorspel ’n oorwinning vir die koning. Jy moet liewer met hulle saamstem en ook ’n gunstige aankondiging maak.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom d¡t: Kyk tog, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord tog wees soos die woord van een van hulle, en spreek goeie dinge.
Afrikaans 1983 Die boodskapper wat vir Miga gaan roep het, het vir hom gesê: “Kyk, die uitspraak van die profete was eenstemmig gunstig vir die koning. Laat joune nou tog dieselfde wees. Sê iets goeds!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die boodskapper wat gegaan het om Miga te ontbied, het vir hom gesê: “Kyk, die woorde van die profete is, asof uit een mond, gunstig vir die koning. Laat jou woorde asseblief wees soos een van hulle se woorde. Voorspel iets goeds!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die boodskapper wat vir Miga moes gaan roep, het vir hom gesê: “Al die profete sê dit sal goed gaan met die koning. Jy moet asseblief ook soos hulle sê, jy moet sê dit sal goed gaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die amptenaar wat Miga gaan haal het, sê toe vir hom: “Miga, al die ander profete het ’n groot oorwinning vir die koning voorspel. Jy moet tog ook dieselfde sê.”