1 Kings 22:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, het elkeen op sy troon gesit nadat hulle hul klere aangetrek het, in 'n leë plek by die ingang van die poort van Samaria; en al die profete het voor hulle geprofeteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Agab en koning Josafat het albei hulle koninklike klere aangehad. Hulle het elkeen op sy troon op die dorsvloer by die poort van Samaria gesit. Al die profete was besig om hulle voorspellings daar voor hulle te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Onderwyl die koning van Israel en Josafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, bekleed met koninklike klere, op 'n dorsvloer by die ingang van die poort van Samar¡a, en al die profete voor hulle profeteer, |
| Afrikaans 1983 | Die koning van Israel en koning Josafat van Juda het elkeen in sy koninklike gewaad op sy troon gesit by die dorsvloer voor die poort van Samaria. Voor hulle was al die profete besig met hulle voorspellings. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl die koning van Israel en Josafat, koning van Juda, elkeen op sy troon gesit het, geklee in koninklike drag, op 'n dorsvloer by die ingang van die stadspoort van Samaria, het al die profete voor hulle vurig geprofeteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Israel en koning Josafat van Juda het hulle koningsklere aangehad en elkeen het op sy troon gesit by die dorsvloer voor die poort van Samaria. Al die profete was besig om vir hulle te sê wat sal gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal is toe na ’n dorsvloer net buite Samaria. Albei konings het op hulle troon gesit en albei het hulle koninklike klere aangehad. Al die profete was in profetiese ekstase. |