1 Kings 21:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy het toe briewe in die naam van Agab geskryf en dit met sy seël verseël en die briewe gestuur aan die oudstes en aan die edeles wat in sy stad was, wat by Nabot gewoon het.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy skryf toe briewe namens Agab, plaas sy seël daarop en stuur dit aan die oudstes en leiers van die stad waar Nabot gewoon het.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het sy briewe in die naam van Agab geskrywe en met sy seël dit verseël en die brief gestuur aan die oudstes en die edeles wat in sy stad was, wat by Nabot gewoon het.
Afrikaans 1983 Sy skryf toe briewe in die naam van Agab en sit sy seëlafdruk daarop, en sy stuur die briewe aan die leiers en die ampsdraers van Nabot se stad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy skryf toe briewe in die naam van Agab, verseël dit met sy rolseël en stuur die briewe aan die oudstes en hoëlui wat in sy dorp was, wat saam met Nabot gewoon het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Isebel skryf toe briewe en sy sit Agab se naam en sy seël daarop. Toe stuur sy die briewe na die leiers en die amptenare wat saam met Nabot in sy stad gewoon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Isebel het toe ’n klomp briewe in Agab se naam geskryf en sy seël daarop afgedruk. Sy het dit na al die belangrike mense in Jisreël gestuur.