1 Kings 21:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy vrou Isébel sê vir hom: Regeer jy nou die koninkryk van Israel? staan op en eet brood, en laat jou hart vrolik wees; Ek sal jou die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, gee.
Afrikaans (NLV) 2011 “Is jy koning van Israel of nie?” vra Isebel. “Staan nou op en eet en moenie jou verder daaroor bekommer nie. Ek sal Nabot die Jisreëliet se wingerd vir jou kry!”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê sy vrou Is,bel vir hom: Oefen jy nou die koningskap oor Israel uit? Staan op, eet brood, en laat jou hart vrolik wees: ek sal jou die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, gee.
Afrikaans 1983 Toe sê sy vrou Isebel vir hom: “Jy is mos die een wat oor Israel regeer! Gaan eet nou en moet jou nie bekommer nie. Ék sal die wingerd van Nabot die Jisreëliet vir jou gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê sy vrou Isebel vir hom: “Jy is tog nou die een wat heerskappy voer oor Israel! Staan op, eet iets en laat jou hart vrolik wees. Ék sal vir jou die wingerd van Nabot, die man van Jisreël, gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Agab se vrou Isebel sê toe vir hom: “Jy is die koning van Israel. Staan op en eet en wees vrolik. Ek sal 'n plan maak sodat jy Nabot van Jisreël se wingerd kan kry.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Isebel vra Agab toe: “Wie is die koning hier? Jy of Nabot? Staan op, eet en word vrolik, want ek sal sorg dat jy Nabot se wingerd kry.”