1 Kings 21:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir haar: Omdat ek met Nabot, die Jisreëliet gespreek en vir hom gesê het: Gee my jou wingerd vir geld; of anders, as dit jou behaag, sal ek jou 'n ander wingerd daarvoor gee; en hy antwoord: Ek sal jou my wingerd nie gee nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek het vir Nabot gevra om sy wingerd aan my te verkoop of dit met ’n ander wingerd te ruil, maar hy het geweier!” sê Agab vir haar. “Hy het gesê hy sal dit nooit vir my gee nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy antwoord haar: Omdat ek met Nabot, die Jisreëliet, gespreek en aan hom gesê het: Gee my jou wingerd vir geld, of as jy wil, sal ek jou 'n wingerd in die plek daarvan gee -- maar hy het gesê: Ek mag my wingerd nie aan u gee nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy vertel haar toe: “Ek het met Nabot die Jisreëliet gepraat en vir hom gesê: ‘Verkoop jou wingerd aan my, of as jy wil, sal ek jou 'n ander wingerd in die plek daarvan gee.’ Maar hy het gesê: Ek sal nooit my wingerd aan jou afstaan nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sê toe vir haar: “Omdat ek met Nabot, die man van Jisreël, gepraat en vir hom gesê het, ‘Verkoop aan my jou wingerd vir silwer; of as jy wil, sal ek self vir jou 'n wingerd in die plek daarvan gee;’ maar hy het my geantwoord, ‘Ek sal nie vir jou my wingerd gee nie.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sê toe vir haar: “Ek het met Nabot van Jisreël gaan praat en vir hom gevra: Gee vir my jou wingerd, ek sal jou betaal, of as jy wil, sal ek vir jou 'n ander wingerd gee. Maar hy het gesê nee, hy sal nie sy wingerd vir my gee nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nabot wil nie sy wingerd aan my verkoop nie,” het Agab gesê. “Ek het aangebied om hom te betaal of ’n ander wingerd vir hom te gee, maar hy wou niks weet nie.” |