1 Kings 21:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Agab het swaar en ontevrede in sy huis gekom oor die woord wat Nabot, die Jisreëliet, met hom gespreek het; want hy het gesê: Ek sal jou nie die erfdeel van my vaders gee nie. En hy het hom op sy bed neergelê en sy aangesig weggedraai en geen brood geëet nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Agab het huis toe gegaan en was bedruk en woedend oor Nabot se antwoord. Hy het op sy bed gaan lê met sy gesig na die muur toe en wou niks eet nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kom Agab in sy huis, verbitterd en toornig oor die woord wat Nabot, die Jisreëliet, met hom gespreek het, naamlik: Ek mag nie die erfdeel van my vaders aan u gee nie. En hy het op sy bed gaan lê en sy gesig omgedraai en geen brood geëet nie. |
| Afrikaans 1983 | Hierop het Agab bedruk en kwaad huis toe gegaan omdat Nabot die Jisreëliet vir hom gesê het: “Ek sal nooit die erfgrond van my familie aan u afstaan nie.” Hy het op sy bed gaan lê met sy gesig na die muur toe en hy wou niks eet nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agab is toe huis toe, nors en tierend oor die antwoord wat Nabot, die man van Jisreël, hom gegee het toe hy gesê het: “Ek sal nie die erfgrond van my voorouers vir u gee nie.” Hy het op sy bed gaan lê, sy gesig weggedraai en niks geëet nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Agab by die huis kom, was hy moedeloos en kwaad omdat Nabot van Jisreël vir hom gesê het hy sal nie vir hom die grond gee wat hy van sy voorvaders gekry het nie. Agab het op sy bed gaan lê en hy het sy gesig na die muur gedraai. Hy wou nie eet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agab is toe terug huis toe, maar hy was baie bedruk en ongelukkig omdat Nabot nie sy wingerd wou verkoop nie. Hy het kwaad op die bed gaan lê en heeltyd na die muur lê en kyk. Hy wou ook niks eet nie. |