1 Kings 21:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het baie gruwels gedoen deur die afgode te volg, net soos die Amoriete gedoen het wat die HERE voor die kinders van Israel verdryf het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het afskuwelik opgetree deurdat hy afgodsbeelde aanbid het net soos die Amoriete wat die Here ter wille van die Israeliete uit die land gedryf het.
Afrikaans 1933/1953 En hy het baie afskuwelik gehandel deur agter die drekgode aan te loop net soos die Amoriete gedoen het wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
Afrikaans 1983 Agab het afskuwelik opgetree deur die afgode te dien net soos die Amoriete wie se besittings die Here aan die Israeliete gegee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het uiters afstootlik opgetree deur agter die afgodsbeelde aan te loop, net soos die Amoriete gedoen het, hulle vir wie die Here voor die Israeliete uit verdryf het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het dinge gedoen wat die Here haat, hy het afgode gedien. Die Amoriete het dit voorheen ook gedoen, en toe het die Here hulle weggejaag uit die land en Hy het die land vir die Israeliete gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het skaamteloos ander gode aanbid. Agab was net soos die Amoriete wat vroeër in die land gebly het en wat deur die Here verdryf is sodat Israel daarin kon woon.