1 Kings 21:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om goddeloosheid te doen in die oë van die HERE, wat sy vrou Isébel opgewek het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was nie nog iemand wat soveel boosheid voor die Here bedryf het soos Agab waartoe sy vrou Isebel hom aangehits het nie.
Afrikaans 1933/1953 Waarlik, daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE nie, omdat sy vrou Is,bel hom verlei het.
Afrikaans 1983 Daar was nooit iemand wat hom soos Agab daaraan oorgegee het om te doen wat verkeerd is in die oë van die Here nie. Sy vrou Isebel het hom daartoe aangehits.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was werklik niemand wat hom soos Agab daaraan oorgegee het om te doen wat verkeerd is in die oë van die Here nie, want sy vrou Isebel het hom daartoe aangespoor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was nie nog iemand wat so sleg was soos Agab nie. Hy het dit geniet om dinge te doen waarvan die Here nie hou nie. Sy vrou Isebel het hom die dinge laat doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Niemand was nog so sleg soos Agab nie. Hy het die allerverskriklikste dinge gedoen. Sy vrou het hom aangemoedig om hierdie dinge te doen.