1 Kings 21:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie van Agab in die stad sterf, moet die honde eet; en hom wat in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet.
Afrikaans (NLV) 2011 En wat die res van jou familie betref: ‘Hulle wat in die stad sterf — die honde sal hulle opvreet; hulle wat in die veld sterf — die roofvoëls sal hulle verslind.’”
Afrikaans 1933/1953 Die een wat van Agab in die stad sterwe, hom sal die honde eet, en wie in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet.
Afrikaans 1983 Wie uit Agab se familie in die stad sterf, die honde sal hom opvreet, en wie in die oop veld sterf, die roofvoëls sal hom vreet.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As iemand van Agab in die stad sterf, sal die honde hom verslind; en as iemand van Agab in die veld sterf, sal die voëls van die hemel hom verslind.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand van Agab in die stad sterf, dan sal die honde hom opvreet, en wanneer iemand van Agab in die veld sterf, dan sal die voëls hom opvreet.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elkeen van Agab se familie wat in die stad sterf, sal deur die honde opgevreet word. Dié wat in die veld sterf, sal deur die voëls opgevreet word.”