1 Kings 21:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en sal jou huis maak soos die huis van Jeróbeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Baésa, die seun van Ahía, vanweë die terging waarmee jy My geterg en Israel laat sondig het.
Afrikaans (NLV) 2011 “‘Omdat jy My getart en Israel laat sondig het, gaan Ek jou koningshuis uitroei soos Ek met Jerobeam seun van Nebat, en die koningshuis van Baesa seun van Agija gedoen het.’
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal jou huis maak soos die huis van Jerobeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Ba,sa, die seun van Ah¡a; weens die geterg waarmee jy My geterg het, en dat jy Israel laat sondig het.
Afrikaans 1983 Omdat jy My uitgetart het en omdat jy Israel laat sondig het, sal Ek met jou huis maak soos met die huis van Jerobeam seun van Nebat en soos met die huis van Baesa seun van Agija.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal jou koningshuis maak soos die koningshuis van Jerobeam, seun van Nebat, en soos die koningshuis van Baesa, seun van Agija, oor die uittarting waarmee jy My getart het en oor jy Israel laat sondig het. ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal met jou koningshuis doen wat Ek gedoen het met die koningshuis van Jerobeam seun van Nebat en met die koningshuis van Baesa seun van Agija. Ek doen dit omdat jy My hartseer gemaak het en omdat jy vir Israel sonde laat doen het.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sal met jou maak soos Hy met Jerobeam die seun van Nebat en Baesa die seun van Agija gemaak het. Hy sal jou en jou familie van die aarde af wegvee omdat jy die Here met jou sonde verneder en Israel laat struikel het.