1 Kings 21:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Agab vir Elía: Het jy my gevind, o my vyand? En hy antwoord: Ek het jou gevind, omdat jy jou verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “So! Het my vyand my toe gekry?” vra Agab vir Elia. “Ja,” antwoord Elia. “Ek het jou gekry omdat jy jouself uitverkoop het om te doen wat vir die Here boos is.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Agab vir El¡a: Het jy my gekry, my vyand? En hy antwoord: Ek het u gekry, omdat u uself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE!
Afrikaans 1983 Toe Agab dit hoor, vra hy vir Elia: “Het jy my gekry, my vyand?” Elia het geantwoord: “Ek het jou gekry. Die Here sê vir jou: ‘Omdat jy jou daaraan oorgegee het om te doen wat verkeerd is in my oë,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Agab het vir Elia gesê: “Het jy my gekry, my vyand?” Hy het geantwoord: “Ek het jou gekry, want jy het jouself daaraan oorgegee om te doen wat verkeerd is in die oë van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Elia dit vir Agab sê, het Agab gesê: “Het jy my gekry, my vyand?” Elia het geantwoord: “Ja, ek het jou gekry, want jy het dit geniet om dinge te doen waarvan die Here nie hou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Agab vir Elia sien, sê hy: “Ja, my vyand, het jy my gekry?” “Ja,” het Elia geantwoord. “Jy het jou hele lewe lank net verkeerde dinge gedoen.