1 Kings 21:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Agab het met Nabot gespreek en gesê: Gee my jou wingerd, dat ek dit as 'n kruietuin kan hê, want dit is naby my huis; en ek sal jou daarvoor 'n beter wingerd as dit gee; of as dit vir jou goed lyk, sal ek jou die waarde daarvan in geld gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op ’n dag sê Agab vir Nabot: “Aangesien jou wingerd net langs die paleis is, wil ek dit graag van jou koop vir ’n groentetuin. Ek sal vir jou ’n beter wingerd in ruil gee. Anders kan ek jou daarvoor betaal.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Agab het met Nabot gespreek en gesê: Gee my jou wingerd, dat dit my groentetuin kan word, want dit is naby, langsaan my huis; dan sal ek jou in die plek daarvan 'n wingerd gee wat beter is; of as dit goed is in jou oë, sal ek jou die koopprys daarvan in silwer gee. |
| Afrikaans 1983 | Agab het met Nabot gaan praat en vir hom gesê: “Gee jou wingerd vir my vir 'n kruietuin, want dit lê net langs my huis; dan gee ek jou 'n beter wingerd in die plek daarvan. Of as jy wil, sal ek jou daarvoor betaal.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agab praat toe met Nabot en sê: “Gee vir my jou wingerd, sodat dit my groentetuin kan word, want dit is reg langs my paleis. Ek sal vir jou in die plek daarvan 'n wingerd gee wat beter is as dié een. Of, as jy dit verkies, sal ek vir jou die prys daarvoor in silwer betaal.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Agab het met Nabot gepraat en gesê: “Gee vir my jou wingerd. Ek sal vir jou 'n beter wingerd gee, of as jy wil, dan sal ek vir jou geld gee daarvoor. Ek wil daar 'n kruie-tuin maak, want dit is naby, dit is voor my paleis.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was langs die paleis in Jisreël. Agab het sommer baie van die wingerd gehou. Op ’n dag het Agab na Nabot toe gegaan en vir hom gesê: “Jou wingerd is mooi. Dit is ook amper teenaan my paleis. Verkoop dit asseblief aan my, want ek wil ’n groentetuin daarvan maak. Ek sal jou ’n beter wingerd gee of jou betaal. Sê net hoeveel jy wil hê.” |