1 Kings 21:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet met hom spreek en sê: So spreek die HERE: Het jy gedood en ook in besit geneem? En jy moet met hom spreek en sê: So spreek die HERE: Op die plek waar die honde die bloed van Nabot gelek het, sal honde jou bloed lek, naamlik joune. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gee vir hom die volgende boodskap: ‘Dit is wat die Here sê: Is dit nie sleg genoeg dat jy Nabot doodgemaak het nie? Moet jy hom nou ook nog beroof?’ Sê verder vir hom: ‘Net daar waar die honde Nabot se bloed opgelek het, daar sal die honde ook jou bloed oplek — ja, joune!’” |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy moet met hom spreek en sê: So sê die HERE: Het jy doodgeslaan en ook in besit geneem? Verder moet jy met hom spreek en sê: So spreek die HERE: Op die plek waar die honde die bloed van Nabot gelek het, sal die honde ook jou eie bloed lek. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet vir Agab sê: ‘So sê die Here: Jy het gemoor en nou vat jy ook nog?’ Sê verder vir hom: So sê die Here: Op dieselfde plek waar die honde die bloed van Nabot opgelek het, sal hulle jou bloed ook oplek. Ja, joune!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sê dan vir hom, ‘So sê die Here: “Het jy moord gepleeg en ook nog erfgoed in besit geneem?” ’ Sê verder vir hom, ‘So sê die Here: “Op die plek waar die honde Nabot se bloed opgelek het, sal die honde ook jóú bloed oplek.” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet vir hom sê: Die Here vra: Agab, het jy iemand vermoor en het jy nou ook iemand se goed gevat? Op dieselfde plek waar die honde Nabot se bloed opgelek het, daar sal die honde jou bloed ook oplek.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sê vir Agab die Here sê: ‘Jy het Nabot vermoor. Nou vat jy ook sy eiendom. Die Here sê dat die honde jou bloed nog op dieselfde plek sal oplek waar hulle Nabot se bloed opgelek het.’” |