1 Kings 21:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Isebel hoor dat Nabot gestenig is en dood is, sê Isebel vir Agab: Staan op, neem die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, in besit wat hy geweier het om jou vir geld te gee, want Nabot leef nie, maar dood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Isebel die nuus kry, sê sy vir Agab: “Staan op en gaan lê beslag op die wingerd wat Nabot nie aan jou wou verkoop nie. Jy kan dit maar kry, want hy is dood!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Net toe Is,bel hoor dat Nabot gestenig en dood was, sê Is,bel vir Agab: Staan op, neem die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, in besit wat hy geweier het om vir geld aan jou te gee; want Nabot leef nie, maar is dood. |
| Afrikaans 1983 | Toe Isebel hoor Nabot is doodgegooi, sê sy vir Agab: “Gaan vat nou die wingerd van Nabot die Jisreëliet, wat hy nie aan jou wou verkoop nie. Nabot leef nie meer nie, hy is dood.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Isebel hoor dat Nabot gestenig is en gesterf het, gaan sê sy dadelik vir Agab: “Staan op! Neem Nabot, die man van Jisreël, se wingerd in besit wat hy geweier het om aan jou te verkoop, want Nabot leef nie meer nie, ja, hy is dood.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Isebel dit hoor, het sy vir Agab gesê: “Nabot lewe nie meer nie, hy is dood. Nou kan jy Nabot se wingerd gaan vat wat hy nie aan jou wou verkoop nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Isebel die nuus hoor, is sy na Agab toe. “Nabot is dood,” het sy gesê. “Gaan vat sy wingerd wat hy nie aan jou wou verkoop nie, want dit is nou joune.” |