1 Kings 21:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het twee manne, kinders van Belial, ingekom en voor hom gaan sit, en die manne van Belial het teen hom getuig, teen Nabot, voor die volk en gesê: Nabot het God en die koning gelaster. Toe het hulle hom uit die stad uitgedra en hom met klippe gestenig, sodat hy gesterf het.
Afrikaans (NLV) 2011 Twee gewetenlose manne het toe ingekom, teenoor hom gaan sit en Nabot voor al die mense aangekla: “Jy het God en die koning gevloek.” Hulle het hom toe uit die stad gesleep en met klippe doodgegooi.
Afrikaans 1933/1953 Toe kom die twee manne, deugniete, en gaan sit teenoor hom; en die deugniete het teen hom, teen Nabot, voor die volk getuig en gesê: Nabot het God en die koning gevloek. Daarop lei hulle hom buitekant die stad uit en stenig hom, sodat hy gesterf het.
Afrikaans 1983 Toe kom sit daar twee gewetelose manne teenoor hom en hulle getuig teen Nabot in die vergadering en sê: “Nabot het 'n vloek uitgespreek teen God en teen die koning.” Daarop vat hulle vir Nabot uit die stad uit en gooi hom met klippe dood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die twee manne, die booswigte, kom toe en gaan sit teenoor hom. Die booswigte getuig toe voor die mense teen Nabot en sê: “Nabot het God en koning gevloek.” Hulle neem toe vir Nabot uit die dorp uit en gooi hom met klippe; en hy het gesterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het twee manne gebring wat kan jok en hulle het die manne voor Nabot laat sit. Die twee manne het toe gepraat teen Nabot en hulle het gesê Nabot het God en die koning vervloek. Toe het hulle vir Nabot uit die stad geneem en hulle het hom doodgegooi met klippe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Twee booswigte het voor almal getuig dat Nabot God en die koning gevloek het. Toe het hulle Nabot gevat en hom met klippe doodgegooi.